Belê een jaar en wen vir altyd!
Donet van der Merwe (Ouer): Die seun wat na Matriek hier uit is Lewende Woord toe is nou ‘n Man. Hy het geestelik, emosioneel en veral in lewenswysheid baie gegroei en ons sou dit vir elke ander jongmens toewens. ‘n Jaar uit hulle lewens op hierdie ouderdom is niks, maar dit wat hulle hier geleer het is alles.
Christiaan Diemont: Om op 24 jou lewe reg te ruk en in orde te kry sal vir party mense nie na ‘n goeie idee klink nie. Dit was vir my ook ‘n groot besluit. Vandag kan ek nie dink dat ek dit enige ander manier sou wou doen nie. Die fondasies en kennis wat ek hierdie jaar opgedoen het kan geen geld koop nie.